Review of Bella (2006) by Herman L — 01 Mar 2009
Bittersoet fliekie oor 'n gewese sokkerster wat dit groot in die states wou gaan maak, maar nie kon nie agv 'n ongelukkige insident wat sy lewe onherroepelik verander het, maar waarskynlik baie meer verdiep en mens-gerig gemaak het.
Die storie is eenvoudig, en word sonder fieterjasies voorgele. Die akterus is puik, en slaag baie goed daarin om deur ander middele as woorde, gevoel oor te dra. 'n Rustige pas word gehandhaaf, maar nie te stadig nie.
Dit pas by die ondertone van die fliek. Daar is ook baie mooi musiek wat effektief gebruik word. Aan te beveel vir mense wat van diepere boodskappe in films hou, maar waarskynlik nie vir 'n Vrydagaand na 'n taai week nie.
Saam met Francois, Hilda en Bella op DVD Feb 2009.
This review of Bella (2006) was written by Herman L on 01 Mar 2009.
Bella has generally received positive reviews.
Was this review helpful?
