Cinafilm has over 5 million movie reviews and counting …
Sitemap
Search

Last updated: 28 Jun 2026 at 07:28 UTC

Back to movie details

Review of by Reney W — 26 Sep 2017

Share
Tweet

Die standaard-romkom het 'n baie spesifiek resep: 'n liefdesverhaal met 'n lawwe storielyn, gemiddelde humor en eendimensionele karakters. Iemand raak verlief. Iemand vang iets lafs aan. Niemand is regtig sleg nie. Liefde oorwin mos als, selfs seksisme en verneukery.

Dis koue kos, skat spring gelukkig hierdie middelmatigheid vry. Dit is werklik snaaks, en nie enigsins soetsappig of pretensieus nie. Iets wat moeilik is om te bewerkstellig. Van die humor is nogal riskant daarby. (Kyk uit vir die meeste tonele met Elsabe Zietsman.).

Tog het die film 'n hart en siel. Die verbrokkeling van 'n familie en die hartseer verbonde daaraan as 'n lewensmaat en ouerfiguur die familie verraai, word vasgevang in 'n ontroerende vertolking deur Anna-Mart van der Merwe. Haar verhouding met haar seun staan ook uit.

'n Verdere verrassing is dat die verneuker, in diƩ geval Bernard (die onkeerbare Deon Lotz), nie vergewe word nie. Sy verraad word nie onder die mat ingevee ter wille van 'n glansweergawe van die lewe nie. Aan die einde is daar skaars iets van hom oor.

Dit is nie 'n perfekte film nie. Dit is te lank, en 'n hele paar tonele moes eerder in die snippermandjie beland het. Die uiters gemiddelde kamerawerk en kosstilering is 'n geleentheid wat deur die vingers van die regisseur geglip het. Dink byvoorbeeld aan Wes Anderson se komieklike Grand Budapest Hotel. Die kleurvolle (en simmetriese) stilering en kinematografie was een van die belangrikste aspekte van daardie film.

Dis koue kos, skat ontgin geen nuwe terrein nie, maar is 'n uiterse snaakse en geslaagde bydrae tot die Afrikaanse filmbedryf.

O ja, Frank Opperman is kostelik as Ari.

This review of Dis Koue Kos, Skat (2016) was written by on 26 Sep 2017.

Dis Koue Kos, Skat has generally received mixed reviews.

Was this review helpful?

Yes
No

More Reviews by Reney W

More Reviews by Reney W

Share This Page

Share
Tweet

Popular Movies Right Now

Movies You Viewed Recently

Get social with CinafilmFollow us for reviews of the latest moviesCinafilm - TwitterCinafilm - PinterestCinafilm - RSS