Cinafilm has over 5 million movie reviews and counting …
Sitemap
Search

Last updated: 02 Jul 2026 at 09:24 UTC

Back to movie details

Review of by Dane B — 31 Aug 2008

Share
Tweet

"...oh my fuck..." Dit was my aanvanklike reaksie gewees toe ek hierdie movie gisteraand vir die eerste keer gecheck het. Wat doe donner is besig om met my te gebeur? Die fisiese reaksie sowel as die emosionele state waarin hierdie fliek my gedompel het, was woes erg. Amper soos 'n angsaanval. Kom ek vertel verder:

"Begotten" laat enige avant garde/David Lynch-tipe fliek soos fokken "Bambi" lyk. Dit is erg surrealisties, met meer as 'n gesonde dosis Duitse Expressionisme ingesluit. Dit handel, so v�ªr ek kan aflui, oor die skeppingsverhaal, mar is woes deurdrenk met pagan simboliek ook. Die opening scene is van so dude, apparently 'n god, wat sy ingewande verwyder met 'n lem, en daaruit spruit Moeder Natuur na vore. Sy baar later nadat sy die dooie ou 'n handjob gegee het 'n volgroeide dude, en hy word later deur sulke nomadiese dudes gechow.

Dis wat die movie in 'n neutedop behels. Die fliek selfs is egter fokken lank, en alhoewel die director van stunning visuele elemente gebruik maak, is dit net eenvoudig te lank. Met sulke kuns flieks moet jy rerig jou gehoor se aandag hou, anders gan hulle die punt mis.

Ek dink ek het dalk die punt gemis. Try die regiseur kritiek lewer op die moderne sekul�ªre gelowe? Wys dit 'n vinger na die wreedheid van die mensdom. Ek weet nie rerig nie, mar ek dink nie dis noodwendig die punt nie. Sulke movies scheme ek handel meer oor die emosionele reaksie wat dit by die kyker ontlok, en nie noodwendig die reasoning agter die dilm nie. En Begotten lok fokken heavy baie reaksie uit 'n kyker! Ek was skoon ontsenu na die tyd.

Needless to say, hierdie is nie 'n date movie nie. Dis eintlik nie eers iets wat jy met jou vriende moet kyk nie. Kyk dit liewers alleen, in 'n donker kamer om die volle ervaring te kry. Hierdie fliek sou 4 sterre werd gewees het, as dit nie so bliksemswil lank en uitgerek was nie. As die regiseur dit edit na 'n halfuur toe, kan dit dalk een van die beste films van alle tye wees!

This review of Begotten (1991) was written by on 31 Aug 2008.

Begotten has generally received mixed reviews.

Was this review helpful?

Yes
No

More Reviews of Begotten

More reviews of this movie

Reviews of Similar Movies

More Reviews

Share This Page

Share
Tweet

Popular Movies Right Now

Movies You Viewed Recently

Get social with CinafilmFollow us for reviews of the latest moviesCinafilm - TwitterCinafilm - PinterestCinafilm - RSS