Review of Baraka (1992) by Dane B — 12 Jan 2008
Goeie fok!
Laat ek julle almal sommer nou waarsku, hierdie is nie 'n "date movie" nie, tensy jy en jou wederhelfte baie groovy mense is met eenderse smaak. Hierdie is fokken diep, en jou aandag moet verkieslik nie afgetrek word deur iemand se tong in jou mond nie.
Hierdie is 'n eksperiment in nie-dialogiese film, daar's nie een woord dialoog nie en nie eers akteurs nie. Die hele storie word vertel deur random uitbeeldings van allerhande natuurlike en mensgemaakte omgewings regoor die hele wêreld.
Daar is nie taal nie, want Baraka is verhewe bo taal, en enigiemand kan dit kyk ongeag waar hulle vandaan kom.
Dit wys die natuur, mense in hulle onderskeie bewoonde gebiede en hule godsdiensbeoefening en daaglikse rituele...dis so fokken groot!
Maar net omdat ek so uit fok moenie vir een oomblik dink alles is pragtig en dat dit net die mooi dinge uitbeeld nie. Dit wys ook van die totale fokkops wat ons as mense op hierdie aarde al begaan het.
Ek kan nie eers begin om alles van hierdie film aan te raak nie, jy moet dit net self gaan kyk.
This review of Baraka (1992) was written by Dane B on 12 Jan 2008.
Baraka has generally received very positive reviews.
Was this review helpful?
